people

Evangelism
Textbooks
Philosophy

People like Charles R. Swindoll

Charles R. Swindoll

Charles R. Swindoll

4.7/5

Nelmari Kock is ’n Afrikaanse skrywer van liefdesromans en geestelike boeke. Sy is in 1941 gebore. Sy werk by Mintek in Randburg, waar sy vir Faan Coetzer ontmoet. Hulle trou op 29 November 1988 en vestig hulle in Randburg.

Sy skryf ontspanningslektuur. “Anika, liefste meisie” (1978) is die verhaal van Anika Joubert. Haar lewe verander drasties toe sy na haar pa se dood van Kaapstad na Johannesburg moet trek. Haar pa se testament bepaal dat ’n vriend van hom, Cor van der Linde, haar finansiële voog moet wees totdat sy mondig word. Anika woon by Cor, sy niggie en haar man en sit haar studies voort. Sy kom goed oor die weg met Cor se vriendin, Marida Taljaard. Antoinette Willemse verskyn egter op die toneel en beweer dat Cor oneervol ontslaan is by sy vorige werk en dat duisende rande se geld verduister is. Anika en Marida probeer verbete om Cor se onskuld te bewys. In “’n Droom aan skerwe” (1982) verwesenlik die komponis Larno Schreuder se seun Nokkie (bynaam vir Nico) al Larno se ideale vir hom. Daar is slegs een teleurstelling. Ten spyte van Nokkie se ingebore talent en die feit dat hy elke kompetisie wen waaraan hy deelneem, ontwikkel hy nie ’n passie vir musiek nie. Onverwags kom daar egter ’n ernstige bedreiging vir Nokkie se heerskappy onder die jong musici in Transvaal. Die bedreiging is Pierre Schreuder, die seun van Emile Schreuder, Larno se broer. Die twee broers praat nie met mekaar nie na ’n hewige twis baie jare gelede. Emile se afkeer van Larno spruit juis daaruit dat Larno altyd die beste presteer het. “Tuin van herinnering” (1982) speel af in hedendaagse Israel. Na ’n liefdesteleurstelling besluit Raylene Schmidt om op ’n kibboets in Israel te gaan werk. Hier maak sy kennis met baie jongmense met hulle eie stories, en ook met die jong Afrikaanse predikant, Deon Visagie, wat hom geroepe voel om onder die Jode te bedien. Sy voormalige vriendin, Mieke Marais, daag onverwags weer op en Raylene is ontsteld hieroor. Selfs al is Deon niks van haar nie, gun sy hom iemand beter as Mieke. “’n Tyd om lief te hê” (1983) is ’n roman oor die lewe van Michelangelo. “So min tyd” (1983) speel in Israel af, waar die hartchirurg Stefan Roux vir twee jaar kom werk. Hy bring sy vrou, Loretta, en hulle twee seuns saam. Stefan ontmoet weer vir Mari, die jongmeisie wat so ’n spesiale plek in sy lewe het. Die band tussen hulle veroorsaak wrywing tussen Stefan en Loretta en tussen Mari en haar vriend André. Kersfees word nie erken in Israel nie, maar hulle wil dit tog vier, ten spyte van die onmin tussen hulle.

Picture of a person: Charles R. Swindoll

Filter by:

Cross-category suggestions

Filter by:

Filter by:

Filter by:

Filter by:

Filter by:

Filter by:

Filter by: